Ervaar die magie van handgemaakte skatte, moderne vreugde en nostalgiese aromas. 'n Bymekaarkomplek gevul met dankbaarheid, waar herinneringe gemaak word en môre omhels word.

“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.
Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.”
Efesiërs 2:8

BESOEK ons WINKELS

ons Tafel koffie winkel

Ons wortelkoek en koffie is beroemd as die beste in die Tuinroete, en as jy dit verlang, kan jy jouself bederf met 'n heerlike ontbyt of 'n rustige laatmiddagete. .

besoek

padstal

Besoek ons gerus vir vars en smullekker vrugte en groente, direk vanaf die plaaslike boere!

besoek

akkommodasie

genade granaat gastehuis

Ons gastehuis het 3 slaapkamers met koningin-grootte beddens en stapelbeddens, wat geskik is vir 'n gesin vakansie of 'n groep vriende. Ons is 10 minute van George lug-hawe en 20 minute van George, ‘n pragtige stad omring deur ‘n skouspelagtige landskap van berge, vrugteplase en weelderige woude.

besoek

welkom

Ons storie het begin langs die kronkelende Grootrivier bergpas (R102), so 5 km buitekant Groot Brakrivier, “Genade Granaat Padstal”, ‘n oase van uniekheid en skoonheid. Hier kom nostalgie, oud en nuut saam om ‘n betowerende storie te vertel. Dit is ‘n weefsel van herinneringe, die mure, verweef met die genade van God en Sy ryk seëninge fluister stille gebede en dra die storie van die verlede maar ook ‘n venster na die toekoms.

Die granaat, met sy helderrooi kleur, verteenwoordig voorspoed, vreugde en genade op genade. Ons is passievol om 'n voorspoedige atmosfeer te skep waar almal kan kom geniet, ontspan en die liefde en vriendelikheid ervaar wat ons hier deel, hier word drome gebou en die hoop vir ‘n beter môre gevoed. Dit is ‘n plek waar elke individu ‘n belangrike skakel in die ketting van vriendskap en gemeenskap is, ‘n plek waar elke hoekie ‘n skatkis van blydskap en dankbaarheid herberg.

By Genade Granaat Padstal is daar ‘n magiese mengsel van handgemaakte skatte en moderne vreugde. Die deure is oop vir besoekers wat hulself kan kom verloor in die nostalgiese geure van koffie en opwinding van smaakvolle kosse. Ou boeke om deur te loer wat getuienis is van die verlede se wysheid en inspireer nuwe idees en kreatiwiteit wat saambind en bou. Hier, onder die skaduwee van die ou stoor, word vriendskappe gesmee en gesinne kom kuier. Aromas van vars vrugte en groente dans in die lug terwyl gasvryheid en warm glimlagte jou verwelkom.

Elke produk, of dit ‘n mooi kleurvolle kledingstuk, opvallende juweliersware, unieke geskenk of ‘n handgemaakte skat is, dra die stempel van ‘n bymekaarkomplek van omgee.  Dit is ‘n plek waar dankbaarheid die krag is wat alles bymekaar hou, waar families en vriende saamkom met harte wat gevul word met vreugde en beloftes van môres gebore word.

Ons nooi julle uit om ons te besoek en te beleef dat as jy by Genade Granaat Padstal inloop, jy deel word van die storie. Dit is ‘n storie van uniekheid, mooi, nostalgie, oud en nuut. Dit is ‘n storie van die genade van God wat die padstal en sy besoekers oorstroom. Dit is ‘n storie van blydskap, handgemaakte skatte, gemeenskap, vreugde, opwinding, liefde en dankbaarheid.

AANWYSINGS

Besoek ons bekoorlike padstal langs die kronkelende Grootrivier bergpas (R102), net 5 km buite Groot Brakrivier.

RY NOU

RESENSIES

"The rustic paddock creates a farm and modern flair atmosphere. The friendly shop owners warmly welcome you and offer an abundance of delicacies, handmade items, clothes of all colors, fresh fruit and vegetables, and a little bit of everything for everyone to choose from."

Aletta

"Unique handmade gifts and the cutest baby clothes and toys. Friendly and welcome service. Thank you Genade Granaat!"

Marlie

"Quite interesting place to visit. A variety of handcraft, home baked jams, biscuits and rusks. Even a cute little shop with beautiful clothes.  A lot of things there. There is also a restaurant and seems very popular.  Will visit again."

Marianna

volg ons

Volg ons op sosiale media en sluit aan by ons lewendige aanlyn gemeenskap. Vind jouself in die wêreld van handgemaakte skatte en hartroerende gasvryheid. Wees deel van die gesprekke wat dankbaarheid, kreatiwiteit en die eenvoudige plesiere van die lewe vier.

WhatsApp